Wêreldreise

in Afrikaans

Die demografie van die moderne Afrikaner is aan die verander. Ons het groot geword, en die wêreld klein. Daarmee saam het die destydse hunkering vir trou en nesskrop verander na 'n lus vir reis en vlerksprei.

Reis Afrikaans is dus in Januarie 2017 gestig met die doel om Afrikaanse reisigers te bemagtig en te verbind. Die projek word gelei deur Jolene Potgieter en Lara Erasmus, en skryf tans uit talle verskillende lande.Ons kom agter die kap van die byl wat visa's, begrotings en meer aanbetref, en werk saam met ander Afrikaanse reisigers om die grootste hoeveelheid moontlikhede aan jou te bring. Ons is ook geweldig lief vir Suid-Afrika. 

 

Gesels met ons oor werk by Disney World, die somerkampe in Amerika, sowel as Engels gee regoor die aarbol.

In 2017 was ons amptelike ambassadeurs vir VIA-televisie se WMJ-veldtog. Ons het ook 'n staande verbintenis met Afrikaans.Com. 


Welkom by die Republiek van Afrikaanse Reisigers.

GEE ENGELS OORSEE...

Ons het gaan soek vir betroubare ESL-geleenthede, sodat jy nie hoef nie.

Alle aansoeke & navrae: info@reisafrikaans.com

Vir plasings in Suid-Amerika en die res van Suid-Oos Asië stuur 'n epos. 

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.