Reis met Aupair World.

Anja Burger.

Na drie maande is ek terug in Suid-Afrika. Negentig dae van soek, verdwaal en ontdek in die mooie Italië. Ek wil graag met jou deel hoe ek daar uitgekom het. 

Ek het ‘n jaar gelede ‘n bietjie gaan rond soek op die internet vir geleenthede wat ek in die nuwe jaar sou kon aanpak. Ek het geweet dat ek nie dadelik ‘n honneursprogram wou doen nie, en dat ek die wêreld bietjie wou sien. Deur 'n profiel op AupairWorld te skep, het ek maklik, vinnig en veilig toegang gekry tot geakkrediteerde families regoor die wêreld. Hierdie webtuiste is 'n platform vir families wie graag 'n oppasser van 'n ander nasionaliteit en dikwels taal wil aanstel. Die idee is dat jy in die familie se kultuur deel, en hulle in joune. 

Aupair World bied toegang tot families regoor die wêreld. Anja is uiteindelik in die pragtige Amalfi-kus in Italië, geplaas. 

Ek het ‘n paar oulike families gevind en vir hulle elkeen ‘n boodskap gestuur. Dan moet 'n mens wag vir antwoorde. Nie almal antwoord altyd spoedelik terug nie. Al die antwoorde is ook nie noodwendig positief nie. Maar op 'n dag het ek ‘n boodskap terug ontvang van ‘n dierbare familie in Italië (dis al wat ek tóé van hulle geweet het...). Ons het besluit om te gesels oor Skype. Teen einde Junie 2016, het die Ma van die familie vir my uitgenooi om by hulle te kom werk in die mooie dorpie, Positano, op die Amalfi kus. Híér is hoe...

Die Amalfi-kus is propvol asemrowende argitektuur en natuurskoon.  

AupairWorld en Anja se ervaring:

 

Per my ooreekoms met die familie, het ek verblyf, kos en weeklikse sakgeld ontvang. Op dié wyse word betrokkenheid in die vreemde land nie toegeskryf  as werk nie, maar as ‘n kulturele uitruiling. Jy word  bestempel as vrywilliger en 'n toeriste visa kan gebruik word, mits jy vir drie maande of korter gaan. Dit vergemaklik die proses aansienlik, veral as jou land van keuse in Europa is.  AupairWorld bied belanghebbendes maklik en vinnig toegang tot 'n lys lande en die vereistes om daar as Aupair te mag werk.  Uit die staanspoor is dit dus moontlik om wesentlike bestemmings te identifiseer en ander te elimineer. Alle lande het verskillende vereistes in terme van onderrig, ouderdom, agtergrond en so meer. Daarmee saam kan unieke vereistes van families te verwagte wees. Een familie stel dalk slegs vroulike oppassers aan, terwyl 'n ander juis na 'n man soek vir hul seunskinders se maniwales. Alhoewel Anja as vrywilliger gewerk het, is dit ook moontlik om 'n amptelike werkskontrak, met salaris, voordele en so meer, te sluit. Dit sal weereens afhang van jou doelwitte, bestemming en ideale werksperiode. 

Aupair-wees is weer kind-wees. Vernuwe jou lus vir die lewe en verbreed

jou horisonne as buitelandse aupair. 

Klink lekker? Skep jou profiel!  

 

Belangstellende aupairs kan 'n gratis profiel op die webtuiste skep.'n Fooi word aan families gevra indien hulle kontak wil maak met 'n belowende aupair. Hierdie fooi ontmoedig oortollige boodskappe en dien ook as sekuriteitsmaatreël. Aupairs kan hulself gratis aan families voorstel, waarna die familie sal besluit of hulle verdere kontak wil maak. Die AupairWorld-model trotseer homself op vryheid en diversiteit van kommunikasie, persone en plasings. Dit is belangrik om jou profiel so volledig moontlik te voltooi - vertel stories, deel foto's en maak 'n voorstellingsvideo. Al hierdie dinge, gepaard met verwysings, vaardighede, ondervinding en onderrig vergroot die moontlikheid om deur ernstige en oulike families raak gesien te word. Hoe vollediger jou profiel, hoe eenvoudiger is dit vir jou, sowel as die voornemende familie. Mits 'n familie voorheen van 'n AupairWorld oppasser gebruik gemaak het, kan jy ook van hulle terugvoer gebruik maak om vas te stel of 'n familie 'n goeie pasmaat vir jou sal wees. AupairWorld monitor ervarings en terugvoere om te verseker dat die kwaliteit van familie en oppasser behou word - nog 'n lekker en gerustellende aspek van hulle model! 

Van groot stede tot sjarmante dorpies, bied kinderoppasing 'n wye verskeidenheid moontlikheid en keuse. 

Is Aupairing die regte keuse vir my? Verdere vrae, soos die oor persoonlikheidstipe, aupair-uitdagings en so meer kan aan info@reisafrikaans.com gerig word. 

Anja was in 2017 vir 3-maande as aupair werkend in Europa. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek.

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.