Verken Botswana te fiets.

Jolene Potgieter.

410km van bloed, sweet, trane en dankbaarheid.

As die doel van reis is om ryker terug te kom as toe jy gegaan het, is uitreike, of uitreise, sonder twyfel die beste manier om groei te bewerkstellig en perspektiewe te hernu. Jaarliks trap ongeveer 20 studente hul fietse tot in Botswana. Op pad word uitreike gedoen, en beloof hierdie fietstoer om 'n uiters verrykende ervaring te wees. 

Die 2017 uitreikspan. 

Met baie moed en 'n tikkie waansin het ek in 2017 voet-tot-fiets-pedaal gelê en die 410 kilometer tussen Mooi Nooi en Gabarone aangedurf. Langs die pad word daar by ouetehuise, townships en kleuterskole gehelp. Die primêre doel van die fietstoer, wat jaarliks deur NG Kerk Universiteitsoord behartig word, is natuurlik om 'n verskil te maak. Die introspeksie wat met die uitreik gepaard gaan, is bloot 'n bonus. Hoe bevoorreg is ek om elke aand ‘n voedsame bord kos te geniet. Hoe gelukkig is ek om in 'n warm stort te kan spring. Hoe heerlik is my bed en om elke dag te kan afsluit met gebed.

 

Jolene gedurende die 2017 uitreik.  

Gestroop van gerief, kry 'n mens ook opnuut waardering vir dit wat werklik belangrik is - mense, menseverhoudinge en om mense te help. Jy gee, en ontvang selfs meer. Die liefde van God wat deur jou hande en voete stroom, val op die aangesig van die aangeraakte gemeenskap en gaan sit dan in jou menswees. Die toer word vanjaar vanaf 3 tot 14 Julie aangebied en nooi studente van alle Suid-Afrikaanse universiteite en kolleges om navraag te doen. Word fiks en maak 'n verskil die Julie! 

Hoe meer 'n mens gee, hoe meer ontvang jy.  

Wat: NG Universiteitsoord Pretoria se jaarlikse fietstoer uitreik vanaf Mooi Nooi na Gaborone.

Wanneer: 3-14 Julie 2019. 


Waar: Die roete, wat hoofsaaklik op agterpaaie en grondpaaie gery word, loop deur Mooi Nooi, Magaliesburg, Derby, Koster, Swartruggens, Groot-Marico, Zeerust en Gaborone.Die kerke op hierdie dorpe bied slaapplek aan, asook ‘n heerlike bord kos in die aand. Wasgoed word op die rusdag in Swartruggens by die vriendelike tannies gewas in die aftree-oord. 

Koste: R2100 (R800 deposito om jou plek te bespreek.) 

Wie kan deelneem: Suid-Afrikaanse studente. 

Ingesluit: Slaapplek, etes, busvervoer tot in MooiNooi, spanhempies. 

Bring saam: Fiets, slaapmat, beddegoed. 

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak Nicela per Whatsapp op 0723458389. Toe, waarvoor wag jy! 

 

 

 

 

 

Jolene is die mede-stigter van Reis Afrikaans en werk tans vir Qatar Lugdiens as lugwaardin. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.