B6CDB8FD-4DB0-4BB6-8BF0-863EDDE4DC2D

B6CDB8FD-4DB0-4BB6-8BF0-863EDDE4DC2D

EENMAAL 'N JAAR GAAN

IEWERS WAAR JY 

NOG NOOIT WAS NIE.

-Dalai Lama

Francois Pieters

Vanaf Suid-Afrika tot Singapoer, Taiwan tot Thailand en Indonesië tot Hong Kong staan Francois se voete (en paspoort) vir niks verkeerd nie. Francois woon tans in Suid-Korea en speel ook vir  hulle nasionale krieketspan. Intussen leef hy sy passie vir mense uit as Engelse dosent. Tog bly hierdie Potchefstromer lief vir alles boerewors, braaivleis en Suid-Afrika. Hy is ons kenner in Korea en die Filippyne, en deel ook graag snaakse staaltjies uit sy buitelandse lewe.

  • Black Instagram Icon

Van Nederland, tot Australië en Madagaskar tot Mosambiek is Werner se kluitklaplysie, en wat reeds daarop afgemerk is, een vir die boeke! Nie net is hy ‘n kranige avonturier nie, hy is ook ‘n passievolle Einstein. Naas sy grade op tuis bodem, het hy ‘n  LLM in Nederland voltooi en is hy tans besig met ‘n MBA in Australië . Werner bly ook lief vir die Suid-Afrikaanse platteland. Hy is ons kenner op buitelandse studies en geleenthede, en adviseur graag voornemende studente.

  • Black Instagram Icon

Werner Pretorius

As professionele sportsvrou woon en werk Karla tans in Sunshine Coast, Australië. Dié Protea-netbalspeler het al aan verskeie internasionale en wêreldbeker toernooie deelgeneem. Sy is later vanjaar te sien as lid van die Protea Span by die 2019 Netbal Wêreldbeker in Liverpool, Engeland. Karla is passievol oor die vooruitgang van vroue in sport, oor reis en oor mense. Sy is ons kundige in alles Bath, Vic Falls en die Sunshine Coast van Australië.

  • Black Instagram Icon

Olivia is ons kenner op alles Frankryk… Gedurende ‘n oorbruggingsjaar (2013) het sy op ‘n sampioenplaas gewerk, au pair, Engels gegee, ‘n trapstel in ‘n plattelandse huis afgeskuur, druiwe gepluk, gekook dat die crème by haar ore uitloop, toeris gespeel en dagboek gehou. Haar avontuur is  publiseer as ek. frankryk. 246 dae. (2016). Die boek is verwerk na ‘n reisgids, getiteld My France: A South African’s Guide (2018).  My France behartig ook in September/Oktober 2020 ‘n Frankryk toer vir skoliere.

  • Black Facebook Icon

Karla Pretorius

Olivia Loots

Danksy haar werk op ‘n plesierboot, strek Chanté se reise oor waters en kontinente! Aan wal deel sy uit haar avonture in menigte dorpies op die Amerikaanse kus soos New Orleans, Miami en Seattle. Sy het al weke in Alaska deurgebring, deur die Panema Kanaal gereis, Mexico verken en vele idilliese eilande besoek waarvan die bestaan aan baie mense onbekend is. Sy het ook al gedraai in Duitsland, Rusland, Estonië en Denemarke. As reisiger deel sy nie net haar avonture met ons nie ... maar vertel jou hoe jy ook deur skeepswerk nuwe wêrelde kan verken!

  • Black Instagram Icon

Nuuskierig en Nicci begin nie toevallig met dieselfde letter nie… In 2010 het Nicolaas liefde vir reis gedurende ‘n skooltoer na Egipte en Morocco pos gevat. Hy was onlangs vir ses maande as aupair in China werksaam en is tans doenig in die VSA waar ’n groot deel van sy familie woon. Sy spore lê ook dig in Singapoer, England, Frankryk, Spanje, Finland en Estonia. Hy is ‘n passievolle fotograaf, menseliefhebber en spreker..

  • Black Facebook Icon

Nicolaas le Roux

Chanté Visser

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.