Europese Kusdorp in 'n Kits.

Lara Erasmus.

Die Europse kus is so bont soos Afrikaans self. Elk van hierdie bestemmings bied 'n unieke en onmisbare ervaring aan sy besoekers. Tog deel hierdie dorpe sekere kenmerke, en moet die volgende drie aktiwiteite nie misgeloop word nie.

Oppad - La Rochelle, Frankryk. 

1.  Huur 'n fiets om die omliggende dorpies, sowel as jou tydelike tuisdorp, met trap en ketting te verken. Europa spog alom met fietsbane, en groot sowel as kleiner bestemmings sal tot jou bekombaar wees. Voldag fietshuur wissel tipies tussen 16-30 euro, afhangend van jou voorkeure. Hierby ingesluit is 'n slot en 'n wielpomp. 

In Frankryk is koffie sterk, bitter en swart. 

 2. Maak jouself tuis by een van die honderde straatkafees rondom die hawe of strand. Sit, kyk, waardeer en observeer. Koste? 1.30€ vir 'n koppie koffie - dus ook beskostigbaar in Zuma euros. 

'n Blik op La Rochelle vanuit die boot. 

3. Neem 'n bootrit. Op hierdie manier, besigtig jy die dorp vanuit die hawe, eerder as die hawe vanuit die dorp. Hierdie ritte is heerlik luilekker, dog informatief. Hou jou ore spits vir familie- en studentepakkette. Kostes wissel tussen 12.50€ en 30€ vir 'n halfdag rit. 

 

Geniet dit! 

Lara is die mede-stigter van Reis Afrikaans en skryf tans vanuit die binneland. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.