‘n Keur om die Wêreldkaart.

Reis Afrikaans-span.

 

Die aardbol en Afrikaans... albei bont, breed en heerlik. Van die tango in Argentinië tot Indië se Taj Mahal, van Columbia se ongerepte bos en roekelose blou waters, en Vietnam se woel-woel wikkel straatjies, bied die wêreld ‘n eindelose keur van bestemmings, avonture, lesse en lekkertes… 
 

Hiermee ‘n samevatting van ons gunsteling Engels-gee geleenthede vir Suid-Afrikaners, sowel as skakels om jou daar te kry. 

'n Tipies Argentynse koffiekroeg - kleurvol, warm en besig. 

Argentinië - Teach and Learn. 


Argentinië, ‘n warboel van kultuur, kosse en kleure het ‘n vrywillersprogram vir Engels-sprekendes om vir tussen 3 en 12 maande by skole, sentrums en kampe in dié land te gaan werk. Die program word aangebied as ‘n kulturele uitruiling en kan dus op ‘n toeriste visa behartig word. Vrywilligers, wat van Suid-Afrika, Ierland, Engeland, Skotland en Noord-Amerika gewerf word, bly saam met goedgekeurde Argentynse gesinne en alle maaltye word verskaf. ‘n Sakpas-sakgeld, sowel as weeklikse Spaanse klasse word ook ingesluit. Ons is mal oor hierdie program omdat dit ‘n egte Suid-Amerikaanse ervaring bied. Vir volledige inligting of om aansoek te doen kliek hier
 

In Columbia, is alles uiters sjarmant en prentjiemooi.

Colombia – Publieke Skole Program.  


Columbia, geboorteplek van die berug-bekende Pablo Escobar, word ook geken vir sy koffie, strande en ongerepte skoonheid. Spandeer 5 tot 12 maande as publieke-sektor onderwyser vir kinders, tieners of volwassenes en geniet ingesluite verblyf, kos, sakgeld en visa-ondersteuning. ‘n Kort werksweek van 25-ure, besorg ook vir ruime geleentheid om die land en sy mense te verken, waardeer en bewonder. Vir volledige inligting of om aansoek te doen, kliek hier

Indië – uniek en merkwaardig in elke sin van die woord.  

 Indië – Teach and Learn.

 

Geur-en-kleur bars bond binne die grense van dié land. Onder die grootste in Asië, is dit ook van die mees divers – armoede teen rykdom, en kultuur teen globalisering. Hierdie program, wat jaar-om persone verwelkom, behels ‘n vier maandelange  uitruiling, met vier  bestemmings-opsies om van te kies. Geniet ingesluite verblyf, kos en taalklasse en verbreed jou perspektief en horisonne in een van die wêreld se mees verwelkomende en warm gemeenskappe... om dan nie eers te praat van die kerrie nie! Vir volledige inligting of om aansoek te doen, kliek hier

''One night in Bangkok, and the world's your oyster.''

Thailand – Teach and Learn. 


Ons grap graag dat Bangkok, nie vir bangbroeke is nie. Moet egter nie vrees nie – ons sê dit in die beste sin van die woorde. Thailand is ‘n paradys van plesier, vermaak, kos en kultuur – ‘n uiters gewilde bestemming vir ESL-onderwysers die wêreld-om. Hierdie program,  wat ook nie tersiêr-kwalifiseer aansoekers verwelkom,  sluit TEFL-sertifisering en oriëntasie in Bangkok in. Ook ingesluit is verblyf, kos en ‘n maandelikse toelaag. Vir volledige inligting of om aansoek te doen, kliek hier

Vietnam: vrolik en propvol vreugde. 

Vietnam – Teach Vietnam Program. 


Verbreed jou bestaan te midde Vietnam se nou straatjies, bromponies en alom-bekende straatkosse. Hierdie nasie, gedoop as die vriendelikste ter wêreld, verwelkom vlot Engels-sprekers om as formele onderwysers in die publieke- en privaatsektor te kom werk. Hierdie program, waarvoor daar geen aansoekfooi bestaan nie, verwelkom ook navrae van persone sonder universiteitsgrade, en sluit mediese versekering, visa-ondersteuning en kurrikulum ondersteuning in. Vir volledige inligting of om aansoek te doen, kliek hier

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Vir direkte plasings in China of Korea, stuur 'n epos aan info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.