Frankryk vir Skoliere.

Olivia Loots

Was Frankryk nog altyd op jou reislys? Dan is 2020 jou jaar! 

Reis saam na die kleurvolle Nice, daarna Cannes, Grasse en Marseille op ‘n streep. Klim in ‘n kayak en ontdek die calanques by Cassis, voor ons die sjarmante Luberon en die pouspaleis in Avignon besoek. Trap rond op ‘n elektriese fiets in Lyon, besoek die kastele van die Loire Vallei en spandeer tyd in Disneyland. Eindig die toer op ‘n hoë noot met ‘n dag in die asemrowende Franse hoofstad, Parys. 

Lyon - Frankryk. 

Die My France span wag in afwagting om hul volgende opwindende punt op die kaart saam met jóú te plot: in September/ Oktober 2020, bring Olivia Loots, saam met Travel and Sport, vir Suid-Afrikaanse hoërskole 'n varsgebakte Frankryktoer! 10 bestemmings, 9 nagte, 1 besonderse herinnering.

Olivia deel graag haar Franse vernuf.

Die storie loop so: na 5 jaar se Frans op skool, het Olivia ‘n oorbruggingsjaar (2013) in Frankryk geneem waar sy met dié fassinerende klanke omring was. In 8 maande woon sy by 17 gasgesinne regoor die land. Haar verhale, foto’s en kleurvolle sketse is met haar terugkoms publiseer as ‘n multimedia reisjoernaal, ek. frankryk. 246 dae. (2016). Kort daarna is die boek verwerk, met die steun van die Franse Ambassade, as reisgids, getiteld My France: A South African’s Guide (2018). In 2020, maak My France Frankryk lewendig vir nog meer Suid-Afrikaners! En hoe heerlik: elke reisiger ontvang ‘n gratis kopie van die boek en die geleentheid om met die skrywer self te reis.

Cassis is kleurvol en vol verrassings!

Travel and Sport, 'n gesogte reisagentskap wat vir menigte Suid-Afrikaners al die wêreld gewys het, behartig alle administrasie. Kontak gerus vir Alex Nava (alex@travelandsport.com) vir meer inligting. 'n Eerste deposito moet teen 30 Augustus 2019 betaal wees. Daar is net 35 sitplekke om ons tafel, so as dit crème brûlée reën, moet jy skep! (Onderwysers toer gratis en as 10 of meer van jou leerlinge inskryf, kom jy outomaties saam!) 


 

Ons sien uit daarna om hierdie smaaklike ervaring met jou te deel. Vir verdere inligting hou die My France: a South African's guide Facebook-blad dop. 

 

Laai die pamflet af: kliek hier. 

 


 

Olivia is die skrywer van ek. frankryk. 246 dae. sowel as My France: A South African's Guide. Sy is passievol oor reis, mense en musiek. Vir meer oor haar, besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.