Werk by die Somerkampe in Amerika.

Nompilo Nyathi.

2017 het vir my aangebreek met die onmiskenbare begeerte om ‘n breek te neem van my universiteitsloopbaan en die bekendheid van die alledaagse. Na vele ure se aanlyn gesoek, het ek uiteindelik ‘n artikel gevind oor die voordele daarvan om as ‘n berader by die somerkampe in die VSA te werk. Geboei deur die belofte van ‘n lekker (dog groeisame) werksomgewing, het my somerkampreis begin…

 

 

Om die werk te kry:

Daar is verkseie agentskappe wat plasings vir Suid-Afrikaners by die Amerikaanse somerkampe behartig. Ek het gebruik gemaak van Awesome Travel, en sal dié maatskappy aanbeveel.  Om te begin, vul ‘n mens bloot ‘n aanlynvorm uit, of stuur ‘n epos. Hierna sal die agentskap jou besonderhede hersien en ‘n onderhoud reël. Die doel van hierdie onderhoud is om inligting en vrae uit te ruil, en te verseker die somerkampe is wel vir jou. Gedurende hierdie onderhoud sal jou gekose agentskap ook bevestig dat jy aan al die dokumentvereistes voldoen. Terwyl die proses intimiderend mag klink, was dit eintlik heel ontspanne en het ek vinnig op my gemak gevoel.

Vereistes in 'n kits:

1. Liefde vir (en verkieslik ondervinding met) kinders.

2. Geen kriminele-rekord.

3. Engelsmagtig.

4. Tussen 19 en 30-jaar.

5. Beskikbaar om in die VSA te arriveer vanaf Junie, en vir minstens 9-weke te bly.

6. Leierskap en sterk kommunikasievaardighede is 'n voordeel.

 

Namate 'n paar onderhoude, laai agentskappe 'n aanlynprofiel op 'n sentrale netwerk. Die verskillende somerkampe maak gebruik van hierdie profiele om jou vaardighede te besigtig, en kontak dan die agentskap. Die voordeel van hierdie agentskappe is dus dat jou uiteindelike aanstelling iewers wedersyds voordelig sal wees. Ek is aangestel by Camp Newaygo, ‘n meisieskamp in Michigan.

 

 

Voor jy gaan:

 

Die tydperk vanaf die werk bevestig word totdat dit begin wissel gewoonlik tussen een en drie maande. Gedurende hierdie tyd beveel ek aan dat jy soveel spaar as wat jy kan, interessante bestemmings wat jy graag wil besoek navors, oplees oor jou kamp en jou gekose kampvaardigheid opskerp. In my geval was dit om tennislesse te gee. Jy sal 'n duidelike 'briefing' ontvang oor enige aanbevele of verwagte vaardighede. Wat logiestieke reëlings aanbetref, was die agentskap uiters behulpsaam. Namate die programfooi  betaal is, skeduleer die agentskap alle visa-afsprake, vlugte, oornagverblyf in New York, sowel as vervoer na jou kampbestemming. Ek het bittermin gehad om oor te bekommer, en kon rustig begin uitsien. In my geval het die bogenoemde fooi R13 500 beloop.  Dit sal egter afhang van jou gekose pakket en agentskap. Onthou egter - goedkoop is duurkoop. Jou gemoedsrus en 'n uiteindelike suksesvolle plasing is die ekstra sente werd.

               

 

Arriveer in Amerika:

Al die verskillende nasionaliteite wat deur 'n agentskap geplaas is, arriveer om-en-by dieselfde tyd vir die kampseisoen om te begin, en spandeer een aand in New York. Op hierdie eerste aand het ek reeds twee van my mede-beraders ontmoet, en ons was vinnig vriende. Bykomend tot die 3-maande werkskontrak, word ‘n vierde maand op jou visa ingesluit vir reisdoeleindes, en het ek  Amerika saam met die eindste twee mede-beraders verken.

                 

 

Die kamp self:

Met die aanvanklike aankoms word ‘n 14-dag opleidingskamp aangebied. Hierdie opleidingstydperk mag langer of korter wees, afhangend van jou unieke plasing. Die opleiding in oorsig is egter oral soortgelyk. Die eerste week beklemtoon die stig van bande tussen die beraders, sowel as wat om as ‘n berader verwagte te wees. Gedurende die tweede week word jy toegerus in sekere fisiese beradersvereistes soos lewensredding en noodhulp. Daarna begin die somerkampe.

Die kampe strek gewoonlik van Sondag tot Sondag en elke beraders-paar is verantwoordelik vir tien kinders. Onthou dat jy as berader die kinders se name, mediese geskiedenis en kosvoorkeure moet ken. Jy moet ook troos as die kinders na die huis verlang, en saam baljaar wanneer dit goed gaan. Een van my weeklikse hoogtepunte was om die kinders se oorlewingsvaardighede op te skerp deur hulle te leer hoe om tente op te slaan, vure te maak en die wildernis te geniet.

              

 

Ek moet bieg…

Somerkamp het sonder twyfel my lewe verryk. Ek is uitgedaag, uitgeput, oorwerk en oorweldig. Die mense en avonture wat daarmee saamgekom het, was egter goud werd. Beraderskap dwing ‘n mens om leiding te neem en verantwoordelik te wees, en wys jou opnuut alles waartoe jy eintlik instaat is. Om om te sien na 10 kinders wat in die wildernis na die huis verlang is uitdagend, om die minste te sê. Laat nagte van buite boeklees terwyl die muskiete wegkou aan jou enkels is waarskynlik een van die mees onselfsugtige ondervindings wat ‘n mens kan hê, maar ook een van die mees vervullende.

Op ‘n Sondag arriveer die meisies as vreemdelinge. Binne 7-dae word vriendskappe egter gevorm en lewenslangebande gesmee. Dan praat ek nie eers van die bande tussen jou en jou mede-beraders na die afloop van drie-maande nie. As jy soek na ‘n uitdaging en ‘n avontuur is die Amerikaanse somerkampe die werk vir jou!

 

Reis Afrikaans is onafhanklik van enige derdeparty agentskappe, en trotseer onsself op objektiwiteit. Ter selfde tyd, beoog ons om reisigers te bemagtig deur hul in verbintenis te plaas met betroubare agentskappe en geleenthede. Die maatskappy, Awesome Travel, wat deur Reisiger Nompilo aanbeveel en gebruik is, is dus wel bewus gemaak van die artikel. Om 'n aansoekvorm, brosjure en begrotingsraamwerk aan te vra, kliek hier.

Nompilo was in 2018 vir drie-maande 'n kampberader in Michigan. Sy is tans terug in die VSA, waar sy werk

en verder studeer.

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.