Doen dit in Doha!

Jolene Potgieter.

Verken Qatar se hoofstad. 

 

Vir meeste mense is Doha, Qatar ‘n blote pitstop – ‘n Midde-Oosterse skakel tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld... Buite die lughawe wag daar egter ‘n wonderwêreld van mense, kulture en tale.  Ontdek die vele geheime van dié stad op jou volgende besoek.

Valke speel 'n baie belangrike kulturele en ekonomiese rol. 

Dag 1:

 

Wanneer ‘n mens nie die woestyn sandput gewoond is nie, kan hy jou nogal uitput! Neem dus ‘n uur of wat om jou voete te vind en gewoond te raak aan die omgewing. Gaan maak dan ’n draai by die die Falcon Souq vir ‘n outentieke Qatarse ondervinding. Soos jy jou weg om die valkmark baan, sal jy leer oor die belangrikheid van dié voël in die Qatarse kultuur en ekonomie. Die voëlbewaarders is gewoonlik vriendlik, en laat toe vir besoekers om die majestieuse valke, met hul maskers en duur pryskaartjies, van naby te besigtig. Onthou egter dat dit ‘n gevaarlike dier bly – aanraking is streng verbode. Daar klaar, geniet ’n keur plaaslike disse vir aandete by die plaaslike mark, Souq Waqif.

 

Woes, woester, woestyn! 

Dag 2:

 

Bespreek ’n woestynsafari. Hiervoor beveel ons aan dat jy die Get Your Guide toepassing gebruik. Hierdie is reisvergemakliking op sy beste:  jy word opgetel by jou hotel en vervoer na die woestyn in ’n luukse 4x4 motor. Hierdie toere kan volgens persoonlike voorkeur aangepas word – sluit ‘n kameelrit, sandplankry of vierwiel-avontuur by jou pakket in!

Onthou om te vra oor die geskiedenis van kamele in Qatar!

Dag 3:

 

Spring vroeg uit die vere om voor tien die plaaslike kameelwedloopbaan in Al Shahaniya te besoek. Hier kan jy sien hoe die kamele opgelei word vir resiesdoeleindes. Jy kan hulle ook besigtig in die rusomgewings en meer leer oor die geskiedenis van kamele in Qatar. Daar word elke Vrydag wedlope gehou vanaf Oktober tot Februarie. Die grootste kompetisies is in Maart en April.

 

 

 

 

 

Verken die stad!

Dag 4:

 

Verken die stad! Jou beginpunt is die City Centre Mall – neem ‘n Uber tot hier en slaan dan tekkies-tot-die-teer. Doha is ‘n skouspel van vooruitgang,  kolossale geboue en moderne argitektuur. Om die prentjie van bo te beleef en ten volle te waardeer, besoek die Marriot Marquis se Aqua Lounge. Spring dan op die metro tot by Katara, ’n kulturele dorpie langs die strand. As jy graag van hierdie strand gebruik wil maak, maak seker jou baaibroek maak jou skouers en knieë toe. Wanneer jou maag behoorlik grom, kry ’n karwa taksi om jou in Medina Centrale in The Pearl af te gaan laai, kies hier van die groot verskeidenheid restaurante.

 

 

 

Fotokrediet: I Love Qatar. 

Jolene is die mede-stigter van Reis Afrikaans en werk tans vir Qatar Lugdiens as lugwaardin. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Dag 5:

 

‘n Bedrywige vier dae lê jou agter die rug...gaan span uit op van Doha se pragtige strande, en drink sommer ‘n cocktail of twee! Die Sharq Village and Spa of Banana Island Resort, is ook heerlike ontspanningsopsies. Herlaai en propvol nuwe kennis en herinneringe, is jy nou reg vir jou volgende bestemming.

 

 

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.