Verken Pretoria en Johannesburg.

Jolene Potgieter.

April, of soos ons dit beter ken – platsakmaand, laat ons verveeld en op ons knieë as dit kom by aktiwiteite vir die vele vakansiedae. Hierdie is gerig op almal wat hulle tree vir die dag wil inkry, iets nuut wil leer en sien, en wat bloot net nie meer Leon Schuster films op herhaal kan kyk nie. Jan Tuisbly is in die verlede, want Gauteng het vele opwindende dinge om te doen. Hier is ons top vyf vir Vryheidsdag. 

1. Soweto Fietstoere

Beeld: Soweto Bicycle Tours. 

Wat uitstaan van hierdie toer is die manier waarop die inwoners jou groet en verwelkom. Die reuk van gebraaide hoender op straat sal jou laat terug draai vir meer.

 

Wat: 'n Begeleide fietstoer deur Soweto. Roetes word verskaf, maar kan ook tot jou voorkeur aangepas word. Doen jou navorsing vooraf, sodat jy vir die toergids kan vra om 'n roete uit te werk wat jou na al jou gusteling besienswaardighede sal neem. 

Sluit in: Toergids, fiets en Chesa Nyama middagete.

Tydsduur: 1 uur

Prys: R150

Kontaknommer: +27 784 947 748

2. Red City Bustoere

Jolene wys haar Kanadese vriende om Johannesburg met die Rooi Bus.

Hierdie is 'n baie informatiewe toer, wat jou toelaat om op en af te spring by aantreklikhede van jou keuse.

 

Waar: Betaal en klim op by The Zone, Rosebank. 

Klim af by: Constitutional Hill, Miners District, Carlton Sentrum (Top of Africa), James Hall Transport Museum, Apartheid Museum, Goldreef City en vele meer. 

Prys: R170 (sien ook Red City se webtuiste vir gereelde spesiale aanbiedings.)

Sluit uit: Ingangsfooi by sommige aantreklikhede (Carlton Sentrum, Apartheid Museum, Gold Reef City.)

3. Nkwe

Wat klink beter as 'n piekniek saam vriende, waterlemoen en kransspring, alles op een dag? Niks - niks klink beter as dit nie!

Wat is dit: Nkwe is 'n oord, wat dagbesoekers toelaat om te ontspan by die piekniekarea. Daar is 'n poel met hoë rotsvormasies waar die brawes kan afspring.

Waar: Nkwe Straat, Tierpoort.

Sluit in: Piekniek- en braaigeriewe.

Prys: R50 p/p.

4.  Rustig Staproetes

Beeld: Rustig Staproetes. 

Net 'n klipgooi vanaf Pretoria, kan jy jouself bederf met 13km van genot en 'n pragtige uitsigte.

 

Prys: R50 (5km) , R60 (13km)

Waar: Magaliesburg. 

Vir meer: http://www.rustig.co.za/hiking-trails/

5. Volkspele

Van tiekiedraai tot polka. Maak jou heupe bietjie los. 

Prys: R50

Tyd: 19:00-21:00 (slegs op Vrydae.)

Waar: Laerskool Mayville se skoolsaal. 

 

Geniet dit! 

Jolene is die mede-stigter van Reis Afrikaans en werk tans vir Qatar Lugdiens as lugwaardin. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.