Madagaskar Manewales...
Werner Pretorius.

Nosy Be see-safari vir die avontuurlustige reisiger.

 

Anders as meeste eilandbestemmings, bied Nosy Be en haar omliggende eilande veel meer as palmbome, cocktails en uitgestrekte witstrande... Nosy Be is vir die avontuurlustige reisiger, die een met ‘n voorliefde vir die ongesluipte - ‘n rowwe diamand. Hiermee ‘n keur van ons gunsteling doene-en-dinge op dié eiland. 

Madagaskar is 'n speelplek vir avonturiere!  

Begin in Ambatoloaka & Hell-Ville! 

 

​Ambatoloaka is ‘n rotskrans en ruigbos paradys! Geniet ‘n dag of twee se lui-lekker strand- en dorpdae. Besoek die markstraat in Hell-Ville: ‘n miernes van bedrywighede waar vleis, groente, vrugte en meer gekoop kan word.  Vir die naguil, terg Ambatoloaka ook met ’n verskeidenheid restaurante, kroeë en kuierplekke. Plaaslike maaltye is feelmaastye! Ondersoek ‘n keur inheemse disse en drankies te midde heerlike lewendige vermaak. 

Te midde die lemurs... is daar ook 'n kleurkaart van reptiele! 

Maak kennis met King Julian en sy trawante. 

Lemuria Land bied eerstehandse interaksie met endemiese lemurs en reptiele. Daarby ingesluit is inheemse verkleurmannetjies, krokodille, slange, akkedisse en skilpaaie. Die imposante Lokobe-natuurreservaat, is ook ‘n wen-besoek vir ‘n verskeidenheid fauna, flaura en, weereens, lemurs! Wees ook seker om by die Ylang-Ylang plantasie en distillery te draai. ‘n Aromatiese doop in die reukwater, wat van die plant vervaardig word, is ‘n uiters unieke ervaring. By hierdie plantasies leer mens ook oor die heerlike natuurmiddels wat ruig en ryk om jou groei. Dink kakao, ylang-ylang en vanielje. 
 

 

Uitkyk oor vulkaniese mere vanaf Mount Passot

Klim ‘n vulkaniese berg! 

Die eiland huisves 11 uitgestorwe vulkane. Vandag word dié vulkane as water-reservoirs ingespan en kan hulle ook geklim word. Die hoogste bergpiek, Mont Lokobe, is sowat 450 meter bo seevlak. Eers bo, wag asemrowende vulkaniese mere en watervalle. ‘n Moet sien vir enige en alle avonturiere. 
 

Waar is Nosy Be? Hier!

Vertek vanaf die Hell-Ville hawe per Doah na strandkamp op Lokobe Natuurreservaat.

 

Baan nou jou weg na Lokobe natuurreservaat. Eers daar, wink iets wat herinner aan die televisiereeks Survivor – dis ongerepte opwinding. Wees egter gerus dat die tentkamp toegerus is met amblusie, ’n strandboma, kuierareas en heerlike tente.

Vang vis vir vanaand se aandete!

Kayak, visvang en mangroves.  

 

Neem een van die kamp se kayaks en roei uit op die see. Verseker jy is toegerus met jou snorkel, flippers en...visstok! Groot skole visse world gereeld opgemerk en ’n lekker vangs deur die die dag verseker vir vars vis – heerlike braaimateriaal vir vanaand se strandvuur.
 

Lemurs, nes in die fliek Madagascar, is glad nie skaam nie!

Verken die omliggende eilande, waaronder Nosy Komba. 

 

Baan jou weg na Nosy Komba, sowat 15-kilometer per boot vanaf Lokobe. Die kranige stapper kan die uitkykpunt op Antaninaomby (621 meter) besoek, wat spog met ‘n 360 grade uitsig oor die kus van die Malgassiese vasteland, sowel as die omliggende eilande. Die staptog neem tussen 5 en 6 ure. Besoek ook Du Parc Lemuriens, sowel as die binnedorp. Die kuns wat hier verhandel word, is ’n kyk (en koop!) werd.

Gaan snorkel! 

Snorkel by Nosy Tanikely Marienereservaat.

 

Die beskermde marienereservaat, Nosy Tanikely, is uiters uniek – ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring. Hier bestaan die moontlikheid om saam met mantras, seeskilpaaie, visse en ‘n wye reeks ander seelewe te snorkel. Die koraalrif is ‘n kleurskouspel, en word streng gepratroleer deur reservaatamptenare om die fauna en flora te beskerm.

 

Daarna, is dit vir eers terug na die hoofeiland!

Het jy al gehoor van Madagaskar se heilige boom? 

Om Nosy Be in ‘n dag...tot by die heilige boom! 

In Madagasksar, is motorfiets-huur so maklik soos een, twee, drie. Verken die rollende landskappe te wiel, op pad na die bekende Sacred Banyan Tree ,net buite die kusdorpie Mahatsinjo. Die heilige boom word bewoon deur ‘n groep lemurs wat glad nie mens-sku is nie. ‘n Plaaslike gids deel die geskiedenis van die boom met besoekers. Voordat besoekers die boom van nader mag bekyk, word jy voorsien van ‘n doek wat om jou bene gedra word. Skoene is ook taboe.
 

Sokker-vermaak op Nosy Be!

Groet by Andilana...

En daarmee, is dit reeds tyd om te groet! Baan jou weg na Andilana, ‘n strand-strook in die Noord-weste van die eiland wat spog met die top hotelle en oorde op die eiland. Geniet ‘n skemerkelkie en ete by een van die hotelle en oorde. Die strand is veral gewild op Sondae.

Nou toe – waarvoor wag jy! 
 

Van Nederland, tot Australië en Madagaskar tot Mosambiek is Werner se kluitklaplysie, en wat reeds daarop afgemerk is, een vir die boeke! Vir meer oor hom besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.