Ver Weg.

Woordkuns deur Anja Burger.

Ver weg

Ja, jy is reg

Weg is ver

So ek sal dit seker nie so noem nie.

Maar my huis is ver

My bed is ver

My taal is ver

Maar nie weg nie.

 

Dis steeds daar

Wagtend en besig

Besig met ander dinge, ander mense, ander probleme

 

Want ek het myself gaan plak in ‘n ander wereld vir n tydjie.

‘n Wêreld met vars vis, kaas en suurlemoene.

‘n Wêreld met pienk en geel huisies, kersboomliggies teen die berg uit en bootjies wat die stil seewater versier.

‘n Wêreld van kleur en van lig maar niks wat die oe laat strek nie.

Als net so so dat jy meer wil sien, wil ruik, wil hoor

 

Ek is nie ver weg

Want ek het ‘n huis hier

‘n bed hier

‘n taal hier.

Ek het dit kom soek en kom vind naby aan my

Al is, voel en klink dit anders

 

Dis hier

Dis vrek naby

Dis waar ek is.

 

Anja was in 2017 vir 3-maande as aupair werkend in Europa. Vir meer oor haar besoek die Reis Republiek.

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.