Vyf-en-twintig voor

vyf-en-twintig.

Jolene Potgieter & Lara Erasmus.

Hiermee ons 25 dinge om te doen voor 25. Wat is joune?

 

1. Backpack, al is dit nie oorsee nie - wees 'n toeris in ons pragtige land. 

2. Klim 'n berg. 

3. Reis op jou eie.

4. Hou aan leer om jouself lief te hê.

5. Gee aandag aan jou talente.

Land-uit en poot-uit: Lara backpack in Frankryk.

6. Lees daardie boeke wat stof opgaar op jou boekrak.

7. Trek na 'n nuwe stad.

8. Herontdek 'n plek van jou kinderlewe, al is dit 'n ou inkopiesentrum of huis.

9. Spaar geld.

10. Doen iets vir liefdadigheid of gaan op 'n uitreik.

11. Kies 'n vreemde taal en raak hom baas.

Jolene op 'n uitreik in Botswana.

12. Deel jou vyf gunsteling dinge oor SA met 'n vriend, en skryf dit dan op jou hart.

13. Kry 'n wegneem koffie en gaan waardeer die sonopkoms by die Uniegeboue.

14. Gaan op 'n date met iemand van 'n ander kultuur - of dit nou in die binne- of buiteland is.

15. Leer hallo, dankie en asseblief sê is al ons 11 amptelike tale.

16. Gaan ry fiets in Soweto.

Jolene op 'n fietstoer in Soweto.

17. Skryf jou droom oorsese bestemming neer, en bewaardig die besoek daaraan.

18. Maak vir iemand wie nie van jou kultuur is nie, 'n egte Suid-Afrikaanse dis.

19. Aanvaar hulp van 'n vreemdeling, en verleen dit dan aan die volgende persoon.

20. Sê ja vir 'n hele dag.

21. Maak die uitdeel van komplimente en die goed sien in mense 'n gewoonte.

Die potte prut: Lara maak lasangne & biltongslaai vir 'n Franse geselskap.

22. Gaan iewers sonder enige beplanning.

23. Gaan iewers met die fynste beplanning.

24. Sit jou selfoon af.

25. Skryf neer wat jy op 'n plek ervaar eerder as om 'n foto te neem.

Het jy 'n reis bucketlist? Laat weet ons!

Lara en Jolene is die mede-stigters van Reis Afrikaans. Vir meer oor hulle besoek die Reis Republiek

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.