Werk by Disney World.

Annemie de Beer.

Wanneer‘n mens aan ‘n oorbruggingsjaar of jaar oorsee dink, dink ‘n mens aan rugsaktoere deur Europa of skool gee in Asië. Min mense is bewus daarvan dat jy vir ‘n jaar as kultuur-verteenwoordiger by Walt Disney World in Florida in die VSA kan gaan werk.

 

Die parke het ‘n kultuur-verteenwoordigersprogram wat graag Suid-Afrikaners by Disney’s Animal Kingdom Park of die vyfster hotel Disney’s Animal Kingdom Lodge aanstel.

Hierdie kultuurverteenwoordigers, wat vir periodes van 12-maande kontrakteer word, word aangestel om die Suid-Afrikaanse kultuur en veral natuurlewe met besoekers te deel. 

Klink na ‘n plan? Lees verder en raak betrokke!

Disney se Animal Kingdom Lodge in Florida.

Vereistes:

  • Suid-Afrikaanse burgerskap.

  • Ouer as 18-jaar.

  • Vlotheid in Engels.

  • 'n Geldige paspoort.

  • Begeerte en vermoë om jou land te verteenwoordig. 

  • Goeie mense- en kommunikasievaardighede. 

  • Bereidwilligheid om vir 12-maande na die VSA te verhuis. 

 

Goed om te weet:

  • Disney maak elke jaar spesifiek plek vir Afrikaans-sprekende verteenwoordigers.

  • Disney vereis dat jy ‘n agtergrondondersoek en polisieklaring voltooi voor finale aanvaarding. 

  • Die suksesvolle aansoeker sal deur Disney bygestaan word om 'n visa te bekom. 

  • Betaling is per uur en begin op $10, afhangend van ondervinding en rol. 

Die bekende Baobab-boom in die Animal Kingdom pretpark. 

Só begin 'n mens: 

  • Voltooi die aansoekvorm op die Disney Careers webverf onder Cultural Representaive Program: Sub-Sahara Afrika. Hierdie aansoekvorm versoek basiese inligting, asook ‘n CV en motiveringsbrief.

  • Die sluitingsdatum vir die program verskil. Aansoeke vir Februarie 2020 is nou oop. Onderhoude sal in Julie en Augustus 2019 behartig word. 

  • Dit kan tot 'n maand neem om van Disney terug te hoor nadat die aansoekvorm en alle vereiste dokumente verskaf is.

  • Mits Disney jou aansoek aantreklik vind, sal hul jou nooi vir ‘n onderhoud. Onderhoude vind plaas in Durban, Kaapstad en Johannesburg.

Disney World - 'n sprokieswêreld in die regte wêreld. 

Watter tipe poste kan ek voor aansoek doen?

  • Drie van die poste is by die hotel. Hierby ingesluit is die Savanna gidse, restaurant-verwelkomers en voorportaal-personeel.

  • Savanna gidse lig hotelgaste in oor die Afrika diere wat by die hotel rondloop en wei. Hierdie gidse bied ook kinderaktiwiteite aan wat handel oor natuurbewaring in Afrika. In die aande doen gidse aanbiedinge oor hul lande en leer gaste om tradisionele dromme te speel.

  • Restaurant-verwelkomers werk in die hotel se restaurante. Hulle is borrelende mense en verwelkom gaste. Hulle sien ook om na tafels en deel meer oor die eg Afrika-disse wat bedien word.

  • Voorportaal-verwelkomers heet gaste by die hotel welkom en hou die jonger gaste besig met aktiwiteite.

  • Dan is daar ook 'n pos by die Animal Kingdom Park. Hierdie persone werk in die park self en fokus op Afrika-diere en kultuur. 

Disney World verwelkom jaarliks verteenwoordigers van regoor die wêreld .

Waarom hierdie program? 

  • Bekom gratis toegang tot Disney World se verskillende parke en geniet personeelafslag op verblyf en in restaurante. 

  • Werk saam met 'n diverse verteenwoordigersgroep van regoor die wêreld en verbeter jou mensevaardighede. 

  • Verdien 'n salaris deur jou trots en kultuur in die VSA uit te leef. 

  • Uitstekende ondersteuningsnetwerke vanaf Disney se beroepsdepartement. 

  • 'n Duidelike en eenvoudige aansoek- en ontvangsproses. 

Vir meer inligting of om aansoek te doen besoek die Disney-beroepswebverf. Soos Walt Disney gesê het: “All our dreams can come true, if we have the courage to pursue them”.

 

Annemie was in 2017 vir 12-maande 'n kulturele verteenwoordiger by Disney World, Florida.   Sy is binnekort weer in die VSA, die maal as 'n perdy instrukteur by Camp America in Boston.

SKRYF VIR ONS. 

Ons is voortdurend opsoek na avontuur-diere in die binne-

en buiteland. Gesels met ons by info@reisafrikaans.com

Reis AFRIKAANS

'Met moed, geloof, braafheid en

nostalgie'

  • Facebook
  • Instagram
Bly op hoogte op ons poslys

© 2019 Reis Afrikaans. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur Reis Afrikaans.